Voorhuwelikse Gesprek - NG Wierdapark lidmate
Voorhuwelikse gespekke strek gewoonlik oor drie of vier sessies.
Verifikasie van Huwelikstatus R200, Koerierkoste vir registrasie van huwelik by DHA teen R270 en Huweliksertifikaat R270.
Vervoer koste na venue teen R3p/km.
Werkboek koste R100.
In hierdie sessies kom die volgende fokuspunte na vore:
Individuele stories
Hoe lyk ons verhouding?
Watter waardes is in ons verhouding belangrik?
Watter suksesse het ons al saam behaal?
Watter slaggate is daar in ons verhouding?
Waarheen is ons oppad?