Gevorderde Chat GPT kursus
Hierdie individuele, 2–3 uur gevorderde kursus bou voort op die beginsels wat in die beginnerkursus oorgedra is, en fokus op die toepassing van AI binne jou unieke bediening.
Wat jy sal leer:
- Hoe om ’n persoonlike AI-assistent te gebruik wat jou preekstyl, hermeneutiek en teologie verstaan.
- Effektiewe gebruik van ChatGPT vir administrasie, nuusbriewe, beleidsdokumente en verslaggewing.
- Die ontwikkeling van gepersonaliseerde kategese- en Bybelstudiemateriaal.
- Die skep van ’n volledige sosiale media-kalender vanuit bestaande gemeente-inhoud.
Voordele:
- Bespaar ure se werk op roetinetake.
- Kry hoëgehalte, konteksgebaseerde inhoud vinnig en akkuraat.
- Gebruik gevorderde prompting vir strategiese gemeentebeplanning.
Vereistes:
Basiese kennis van ChatGPT (bv. deelname aan Excelsus se beginnerkursus).